Veel Voorkomende Vrae
Aanteken- en Registrasiekwessies
- Waarom kan ek nie aanteken nie?
- Daar is verskeie redes waarom dit kan gebeur. Eerstens, maak seker jou gebruikersnaam en wagwoord is korrek. As dit is, tree met die bordeienaar in verbinding om seker te maak dat jy nie verban is nie. Dis ook moontlik dat die eienaar van die webtuiste 'n konfigurasieprobleem aan hulle kant het en hulle moet dit dan uitsorteer.
- Bo
- Waarom moet ek registreer?
- Jy hoef dalk nie, dit is die besluit van die administrator van die bord of jy moet registreer om jou bydraes te plaas. Tog sal registrasie jou toegang gee tot bykomende funksies wat nie aan gasgebruikers beskikbaar is nie soos bepaalbare prentjies, privaat boodskappe, e-posse aan medegebruikers, intekening aan gebruikersgroepe, ens. Dit neem net 'n paar minute om te registreer so dit word aanbeveel dat jy dit wel doen.
- Bo
- Waarom word ek outomaties uitgeteken?
- As jy nie die Teken my outomaties aan boksie kies wanneer jy aanteken nie, sal die bord jou net vir 'n vooraf ingestelde tyd aangeteken hou. Dit verhoed die misbruik van jou rekening deur iemand anders. Om aangeteken te bly, kies die boksie wanneer jy aanteken. Hierdie word nie aanbeveel as jy toegang tot die bord verkry deur 'n gedeelde rekenaar nie, bv. biblioteek, internetkafee, universiteit se rekenaarlaboratorium, ens. As jy nie hierdie boksie sien nie, beteken dit dat die bordadministrator die funksie gedeaktiveer het.
- Bo
- Hoe verhoed ek dat my gebruikersnaam op die aanlyngebruikerslyste voorkom?
- In jou Gebruikersbeheerpaneel onder "Bordvoorkeure", sal jy die opsie Steek jou aanlynstatus weg sien. Aktiveer hierdie opsie met Ja en jy sal slegs sigbaar aan die administrators, moderators en jouself wees. Jy sal as 'n versteekte gebruiker tel.
- Bo
- Ek het my wagwoord verloor!
- Bly kalm! Jou wagwoord kan nie herwin word nie, maar dit kan baie maklik teruggestel word. Gaan na die aantekenblad en klik op Ek het my wagwoord vergeet. Volg die instruksies en jy sal gou weer kan aanteken.
- Bo
- Ek het geregistreer, maar kan nie aanteken nie!
- Eerstens, kyk of jou gebruikersnaam en wagwoord korrek is. Indien ja, kon een van twee dinge gebeur het. As COPPA-ondersteuning geaktiveer is en jy gedurende registrasie aangedui het dat jy onder 13 jaar oud is, sal jy die instruksies moet volg wat aan jou gegee is. Sekere borde kan ook vereis dat nuwe registrasies geaktiveer moet word, of deur jouself of deur 'n administrator voordat jy kan aanteken; hierdie inligting is gedurende registrasie aan jou verskaf. As 'n e-pos aan jou gestuur is, volg die instruksies. As jy nie 'n e-pos ontvang het nie, het jy dalk 'n verkeerde e-posadres verskaf of die e-pos is dalk deur die gemorsposfilter opgetel. As jy seker is dat jy die korrekte e-posadres verskaf het, moet jy met die administrator in verbinding tree.
- Bo
- Ek het voorheen geregistreer, maar kan nie meer aanteken nie?!
- Probeer om die e-pos op te spoor wat aan jou gestuur is toe jy die eerste keer geregistreer het, kontroleer jou gebruikersnaam en wagwoord en probeer weer. Dit is moontlik dat 'n administrator dalk jou rekening gedeaktiveer of verwyder het vir een of ander rede. Ook, baie borde verwyder van tyd tot tyd gebruikers wie vir lang tye nie bydraes lewer nie om die grootte van die databasis te beperk. As dit gebeur het, probeer om weer te registreer en meer betrokke by geprekke te raak.
- Bo
- Wat is COPPA?
- COPPA, of die Child Online Privacy and Protection Act van 1998, is 'n Wet in die Verenigde State van Amerika wat vereis dat webtuistes, wat dalk inligting van minderjariges onder die ouderdom van 13 jaar kan ontvang, geskrewe toestemming van die ouers of een of ander metode van voogerkenning moet hê, om toe te laat dat persoonlike inligting van 'n minderjarige onder die ouderdom van 13 ingewin mag word. As jy nie seker is of hierdie op jou van toepassing is as iemand wat op die webtuiste probeer registreer nie, tree met 'n regspersoon in verbinding vir hulp. Let asseblief op dat die phpBB-groep nie regsadvises kan verskaf nie en nie 'n kontakpunt is vir regskwessies van enige aard nie, behalwe soos hieronder aangedui.
- Bo
- Waarom kan ek nie registreer nie?
- Dit is moontlik dat die eienaar van die webtuiste jou IP-adres dalk verban het of nie die gebruikersnaam, wat jy probeer registreer, aanvaar het nie. Die eienaar van die webtuiste kon ook registrasie gedeaktiveer het om nuwe besoekers te verhoed om in te teken. Tree met 'n bordadministrator in verbinding vir hulp.
- Bo
- Wat doen die “Verwyder alle bordkoekies”?
- “Verwyder alle bordkoekies” verwyder die koekies wat deur phpBB geskep is om jou geldig en aangeteken tot die bord te hou. Dit verskaf ook funksies soos leesvolging as dit deur die bordeienaar geaktiveer is. As jy aanteken- of uittekenprobleme ondervind, kan die verwydering van koekies dalk help.
- Bo
Gebruikersvoorkeure en -instellings
- Hoe kan ek my instellings verander?
- As jy 'n geregistreerde gebruiker is, word al jou instellings in die borddatabasis gestoor. Om dit te verander, moet jy na jou Gebruikersbeheerpaneel gaan; daar is gewoonlik 'n skakel aan die bokant van die bordbladsye beskikbaar. Hierdie stelsel laat jou toe om al jou instellings en voorkeure te verander.
- Bo
- Die tye is nie korrek nie!
- Dit is moontlik dat die tyd wat vertoon word van 'n tydsone is wat verskil van joune. As dit die geval is, gaan na jou Gebruikersbeheerpaneel en verander jou tydsone sodat dit by jou spesifieke area pas, bv. Londen, Parys, New York, Sydney, ens. Neem asseblief kennis dat die verandering van die tydsone, soos meeste instellings, slegs deur geregistreerde gebruikers gedoen kan word. As jy nie geregistreer is nie, is dit nou 'n goeie tyd om wel te registreer.
- Bo
- Ek het die tydsone verander en die tyd is steeds verkeerd!
- As jy seker is dat jy die tydsone en Somertyd korrek gestel het en die tyd is steeds verkeerd, dan is die tyd wat op die bediener gestoor word verkeerd. Stel asseblief die administrator in kennis om die probleem op te los.
- Bo
- My taal is nie op die lys nie!
- Of die administrator het nie jou taal geïnstalleer nie of niemand het nog die bord in jou taal vertaal nie. Probeer om vir die bordadministrator te vra om jou taal te installeer. As jou taal nie bestaan nie, doen asseblief 'n nuwe vertaling. Meer inligting is op die phpBB-webtuiste (sien skakel aan die onderkant van die bordbladsye) verkrygbaar.
- Bo
- Hoe kan ek 'n prentjie saam met my gebruikersnaam wys?
- Daar is twee prentjies wat saam met 'n gebruikersnaam kan verskyn wanneer bydraes bekyk word. Een van hulle is 'n prentjie wat met jou rang verband hou, gewoonlik in die vorm van sterre, blokkies of sirkels, wat aandui hoeveel bydraes jy al gemaak het of jou status op die bord. 'n Ander een, gewoonlik 'n groter beeld, staan bekend as 'n prentjie en is gewoonlik uniek of persoonlik aan elke gebruiker. Dit is die besluit van die bordadministrator om prentjies te aktiveer en om te kies op watter manier prentjies sigbaar gemaak kan word. As jy nie prentjies kan gebruik nie, tree met die bordadministrators in verbinding en vra hulle uit oor hulle redes.
- Bo
- Wat is my rang en hoe kan ek dit verander?
- Range, wat onder jou gebruikersnaam verskyn, dui die aantal bydraes aan wat jy al gemaak het of dit identifiseer sekere gebruikers, bv. moderators en administrators. Gewoonlik kan jy nie direk die bewoording van enige bordrange verander nie, omdat dit deur die bordadministrator ingestel word. Moet asseblief nie die bord misbruik deur onnodig bydraes te lewer net om jou rang te verbeter nie. Meeste borde laat nie dit toe nie en die moderator of administrator sal net jou aantal bydraes verminder.
- Bo
- Wanneer ek die e-posskakel vir 'n gebruiker klik, word ek gevra om aan te teken?
- Slegs geregistreerde gebruikers kan e-posse aan ander gebruikers via die ingeboude e-posvorm stuur, en slegs as die administrator hierdie funksie geaktiveer het. Dit is om misbruik van die e-posstelsel deur anonieme gebruikers te voorkom.
- Bo
Plasingskwessies
- Hoe plaas ek 'n bydrae in 'n forum?
- Om 'n nuwe onderwerp in 'n forum te plaas, klik op die toepaslike knoppie op of die forum- of onderwerpskerms. Jy moet dalk registreer voordat jy 'n bydrae kan plaas. 'n Lys van jou voorkeure in elke forum is aan die onderkant van die forum- en onderwerpskerms beskikbaar. Byvoorbeeld: Jy kan nuwe onderwerpe plaas, Jy kan in stemmings stem, ens.
- Bo
- Hoe kan ek 'n bydrae redigeer of verwyder?
- Tensy jy 'n bordadministrator of -moderator is, kan jy slegs jou eie bydraes redigeer of verwyder. Jy kan 'n bydrae redigeer deur op die redigeerknoppie vir die betrokke bydrae te klik, soms vir net 'n beperkte tyd nadat die bydrae geplaas is. As iemand reeds op die bydrae geantwoord het, sal jy 'n klein gedeelte teks onder die bydrae sien wanneer jy na die onderwerp terugkeer wat die aantal kere wat jy dit geredigeer het saam met die datum en tyd lys. Dit sal verskyn as iemand op jou bydrae geantwoord het; dit sal nie verskyn as 'n moderator of 'n administrator die bydrae geredigeer het nie, tog kan hulle dalk 'n nota los wat verduidelik waarom hulle die bydrae geredigeer het. Let asseblief daarop dat gewone gebruikers nie 'n bydrae kan verwyder as iemand reeds daarop geantwoord het nie.
- Bo
- Hoe heg ek 'n handtekening aan my bydrae?
- Jy moet eers 'n handtekening skep via jou Gebruikersbeheerpaneel voordat jy dit aan jou bydraes kan heg. Wanneer dit geskep is, kan jy die Heg 'n handtekening aan boksie op die plasingsvorm kies om jou handtekening aan te heg. Jy kan ook 'n handtekening by verstek aan al jou bydraes heg deur die betrokke radioknoppie op jou profiel te klik. As jy dit so doen, kan jy steeds verhoed dat 'n handtekening aan 'n individuele bydrae geheg word deur die heg handtekening aan-boksie op die plasingsvorm te ontklik.
- Bo
- Hoe kan ek 'n stemming skep?
- Wanneer jy 'n nuwe onderwerp plaas of die eerste bydrae van 'n onderwerp redigeer, klik die “Skep stemming”-knoppie onder die hoofplasingsvorm; as jy dit nie kan sien nie, het jy nie die nodige toestemming om stemmings te skep nie. Tik 'n titel en ten minste twee opsies in die toepaslike velde, maak seker elke opsie is in 'n aparte reël in die teksarea. Jy kan ook die aantal opsies wat gebruikers mag kies gedurende stemming onder “Opsies per gebruiker” kies, 'n tydsbeperking in dae vir die stemming (0 vir oneindige tydperk) en laastens die opsie om gebruikers toe te laat om hulle stemme te verander.
- Bo
- Waarom kan ek nie meer stemmingopsies byvoeg nie?
- Die beperking op stemmingopsies word deur die bordadministrator ingestel. As jy voel dat jy meer opsies by jou stemming wil voeg as die toegelaatbare hoeveelheid, tree met jou bordadministrator in verbinding.
- Bo
- Hoe kan ek 'n stemming redigeer of verwyder?
- Soos met bydraes, kan stemmings slegs deur die oorspronklike plaser, 'n moderator of 'n administrator geredigeer word. Om 'n stemming te redigeer, klik om die eerste bydrae onder die onderwerp te redigeer; die stemming word altyd hiermee geassosieer. As niemand nog gestem het nie kan gebruikers die stemming verwyder of enige stemmingsopsie redigeer. As lede egter reeds gestem het, kan slegs moderators of administrators dit redigeer of verwyder. Dit verhoed dat stemmingsopsies halfpad deur stemmings verander kan word.
- Bo
- Waarom kan ek nie toegang tot 'n forum verkry nie?
- Sekere forums kan tot sekere gebruikers of groepe beperk word. Om ander aksies te bekyk, te lees, te plaas of verrig, moet jy dalk spesiale vergunnings hê. Tree met 'n moderator of 'n bordadministrator in verbinding om toegang aan jou te verleen.
- Bo
- Waarom kan ek nie aanhegsels aanheg nie?
- Aanhegselvergunnings word op 'n forum-, groep- of gebruikersbasis toegeken. Die bordadministrator kan dalk aanhegsels tot hierdie spesifieke forum nie toelaat nie, of dalk kan net sekere groepe aanhegsels plaas. Tree met die bordadministrator in verbinding as jy onseker is of jy aanhegsels mag aanheg of nie.
- Bo
- Waarom het ek 'n waarskuwing gekry?
- Elke bordadministrator het hulle eie stel reëls vir hulle tuistes. As jy 'n reël oortree het, kan jy dalk 'n waarskuwing kry. Let asseblief daarop dat dit die bordadministrator se besluit is en die phpBB-groep het niks uit te waai met die waarskuwings op hierdie spesifieke tuiste nie. Tree met die bordadministrator in verbinding as jy onseker is hoekom jy 'n waarskuwing ontvang het.
- Bo
- Hoe kan ek bydraes by 'n moderator aankla?
- As die bordadministrator daarvoor voorsiening gemaak het, sal jy 'n knoppie langs die bydrae wat jy wil aankla, sien om die bydrae aan te kla. Deur hierop te klik, sal jy stap-vir-stap verduidelik word hoe om die bydrae aan te kla.
- Bo
- Waarvoor is die “Stoor”-knoppie by die plasing van onderwerpe?
- Dit laat jou toe om gedeeltes te stoor wat later klaargemaak sal word en op 'n latere stadium geplaas sal word. Besoek die Gebruikersbeheerpaneel om 'n gestoorde gedeelte te herlaai.
- Bo
- Waarom moet my bydrae goedgekeur word
- Die bordadministrator kon besluit het dat bydraes in hierdie forum eers nagegaan moet word voordat dit geplaas kan word. Dit is ook moontlik dat die administrator jou in 'n groep gebruikers geplaas het van wie die bydraes nagegaan moet word voordat dit geplaas mag word. Tree asseblief met die bordadministrator in verbinding vir verdere inligting.
- Bo
- Hoe stoot ek my onderwerp na bo?
- Deur die “Stoot onderwerp na bo”-skakel te klik wanneer jy dit bekyk, kan jy die onderwerp na die bopunt van die forum op die eerste bladsy stoot. As jy dit egter nie sien nie is hierdie funksie dalk gedeaktiveer of die tyd wat tussen stote toegelaat word, het nog nie verstryk nie. Dit is moontlik om 'n onderwerp na bo te stoot deur net op dit te antwoord, maak egter seker dat jy die bordreëls volg wanneer jy dit doen.
- Bo
Formatering en Onderwerptipes
- Wat is BB-kode?
- BB-kode is 'n spesiale toepassing van HTML, wat ongelooflike formateringsbeheer van spesifieke objekte in 'n bydrae aanbied. Die gebruik van BB-kode word deur die administrator bepaal, maar dit kan ook op 'n per bydrae basis vanaf die plasingsvorm gedeaktiveer word. BB-kode is baie dieselfde as HTML, maar merkers word in hakies [ en ] geplaas eerder as < en >. Vir meer inligting oor BB-kode gaan na die handleiding wat vanaf die plasingsbladsy verkrygbaar is.
- Bo
- Kan ek HTML gebruik?
- Nee. Dit is nie moontlik om HTML op hierdie bord te plaas en dit as HTML weer te gee nie. Meeste formatering wat met HTML gedoen kan word, kan eerder gedoen word deur BB-kode te gebruik.
- Bo
- Wat is Gesiggies?
- Gesiggies is klein prentjies wat gevoelens in kodevorm kan uitdruk, bv. :) beteken gelukkig, terwyl :( ongelukkig beteken. Die volledige lys kan op die plasingsvorm bekyk word. Moet egter nie die gesiggies te veel gebruik mie, want dit kan 'n bydrae onleesbaar maak en 'n moderator kan dit verwyder gedurende redigering of 'n bydrae heeltemal verwyder. Die bordadministrator kan ook 'n beperking plaas op die aantal gesiggies wat in 'n bydrae gebruik mag word.
- Bo
- Kan ek prentjies plaas?
- Ja, prentjies kan in jou bydraes geplaas word. As die administrator aanhegsels toelaat, kan jy prentjies oplaai. Andersins, kan jy 'n skakel plaas na 'n prentjie wat op 'n openbare toeganklike webbediener gestoor is, bv. http://www.example.com/my-picture.gif. Jy kan nie skakel na prentjies wat op jou rekenaar gestoor is nie (tensy dit 'n openbare toeganklike bediener is) ook nie na prentjies agter geldigheidsvastellingsmeganismes, bv. hotmail of yahoo posbusse, werwe wat deur 'n wagwoord beskerm word, ens. nie. Om die prentjie te vertoon, gebruik die BBCode [img] merker.
- Bo
- Wat is globale aankondigings?
- Globale aankondigings bevat belangrike inligting en jy moet dit lees sover moontlik. Dit sal boaan elke forum en in jou Gebruikersbeheerpaneel verskyn. Globale aankondigingvergunnings word deur die bordadministrator gemaak.
- Bo
- Wat is aankondigings?
- Aankondigings bevat gewoonlik belangrike inligting oor die forum wat jy tans lees en jy moet dit lees sover moontlik. Aankondigings verskyn boaan elke bladsy in die forum waarin dit geplaas word. Soos met globale aankondigings, word aankondigingsvergunnings deur die bordadministrator gemaak.
- Bo
- Wat is boaan onderwerpe?
- Boaan onderwerpe binne die forum verskyn onder die aankondigings en slegs op die eerste bladsy. Hulle is gewoonlik baie belangrik so jy moet dit lees sover moontlik. Soos met aankondigings en globale aankondigings, word boaanonderwerpvergunnings deur die bordadministrator gemaak.
- Bo
- Wat is geslote onderwerpe?
- Geslote onderwerpe is onderwerpe waar gebruikers nie meer op kan antwoord nie en enige stemming wat daarmee saamgegaan het, is outomaties gesluit. Onderwerpe kan vir verskeie redes geluit word en is so deur of die forummoderator of bordadministrator ingestel. Jy mag dalk ook jou eie onderwerpe sluit afhangende van die vergunnings wat deur die bordadministrator aan jou gemaak is.
- Bo
- Wat is onderwerpikone?
- Onderwerpikone is beelde wat deur skrywers gekies word om die inhoud van bydraes waarmee dit geassosieer word, aan te dui. Die bevoegtheid om onderwerpikone te gebruik hang af van die vergunnings wat deur die bordadministrator ingestel is.
- Bo
Gebruikersvlakke en -groepe
- Wat is Administrators
- Administrators is lede aan wie die hoogste vlak van beheer oor die hele bord toevertrou word. Hierdie lede kan alle aspekte van die bord, insluited instellingsvergunnings, die verban van gebruikers, die skep van gebruikersgroepe of moderators, ens. beheer afhangende van die bordstigter en die vergunnings wat hy of sy aan die ander administrators gemaak het. Hulle kan ook volledige moderatorbevoegthede in alle forums hê, afhangende van die instellings wat deur die bordstigter gemaak is.
- Bo
- Wat is Moderators?
- Moderators is individue (of groepe individue) wat na die forums op 'n daaglikse basis omsien. Hulle het die mag om bydraes te redigeer of te verwyder en onderwerpe te sluit, oop te sluit, te skuif, te verwyder en te verdeel in die forum wat hulle modereer. Gewoonlik is moderators teenwoordig om gebruikers te verhoed om van die punt af te dwaal of beledigende of aanvallendebydraes te plaas.
- Bo
- Wat is Gebruikersgroepe?
- Gebruikersgroepe is groepe van gebruikers wat die gemeenskap in beheerbare afdelings deel sodat bordadministrators dit beter kan beheer. Elke gebruiker kan aan verskeie groepe behoort en elke groep kan individuele vergunnings kry. Dit maak dit makliker vir administrators om vergunnings vir baie gebruikers op een slag te verander, soos om moderatorvergunnings te verander of gebruikers toegang tot privaatforums te gee.
- Bo
- Waar is die gebruikersgroepe en hoe sluit ek daarby aan?
- Jy kan alle gebruikersgroepe via die “Gebruikersgroepe”-skakel binne jou Gebruikersbeheerpaneel bekyk. As jy by een wil aansluit, klik op die toepaslike blokkie. Nie alle groepe het egter oop toegang nie. By sommige moet jy eers goedgekeur word om aan te sluit, sommige kan gesluit wees en sommige kan ook versteekte lidmaatskappe hê. As die groep oop is, kan jy daarby aansluit deur op die toepaslike knoppie te klik. As jy eers goedgekeur moet word, kan jy versoek om aan te sluit deur op die toepaslike knoppie te klik. Die gebruikersgroepleier moet jou versoek goedkeur en hy of sy kan vra waarom jy by die groep wil aansluit. Moet asseblief nie 'n groepleier lastig val as hy of sy jou versoek verwerp het nie; hulle het hulle eie redes daarvoor.
- Bo
- Hoe word ek 'n gebruikersgroepleier?
- 'n Gebruikersgroepleier word gewoonlik aangewys wanneer gebruikersgroepe aanvanklik deur 'n brodadministrator geskep word. As jy belangstel om 'n gebruikersgroep te skep, moet jy eers met 'n bordadministrator in verbinding tree; probeer 'n privaatboodskap stuur.
- Bo
- Waarom verskyn sekere gebruikersgroepe in 'n ander kleur?
- Dit is moontlik dat die bordadministrator kleure aan die lede van 'n gebruikersgroep kan toeken om die lede van die groep makliker uit te ken.
- Bo
- Wat is 'n “Verstekgebruikersgroep”?
- As jy lid van meer as een gebruikersgroep is, word jou verstek gebruik om te bepaal watter groepskleur en -rang as verstek vir jou gebruik moet word. Die bordadministrator kan aan jou 'n vergunning maak om jou verstekgebruikersgroep via jou Gebruikersbeheerpaneel te verander.
- Bo
- Wat is “Die span”-skakel?
- Hierdie bladsy verskaf aan jou 'n lys van die bordpersoneel, insluitend die bordadministrators en moderators en ander besonderhede soos die forums wat hulle modereer.
- Bo
Privaatboodskappe
- Ek kan nie privaatboodskappe stuur nie!
- Daar is drie redes hiervoor; jy is nie registreer en/of aangeteken nie, die bordadministrator het privaatboodskappe vir die hele bord gedeaktiveer, of die bordadministrator verhoed jou om privaatboodskappe te stuur. Tree met 'n bordadministrator in verbinding vir meer inligting.
- Bo
- Ek kry gereeld ongewenste privaatboodskappe!
- Jy kan 'n gebruiker blokkeer om privaatboodskappe aan jou te stuur deur boodskapreëls in jou Gebruikersbeheerpaneel te gebruik. As jy beledigende privaatboodskappe van 'n spesifieke gebruiker ontvang, lig 'n bordadministrator daarvan in; hulle het die mag om 'n gebruiker te verhoed om privaatboodskappe te stuur.
- Bo
- Ek het gemorspos of 'n beledigende e-pos van iemand op hierdie bord ontvang!
- Ons is baie jammer om dit te hoor. Die e-posvormfunksie van hierdie bord sluit beveiligings in om gebruikers te probeer opspoor wie sulke bydraes maak, so stuur 'n volledige kopie van die e-pos wat jy ontvang het aan die bordadministrator. Dit is baie belangrik dat dit die opskrifte bevat wat die kontakbesonderhede van die gebruiker wat die e-pos gestuur het, wys. Die bordadministrator kan dan stappe neem.
- Bo
Vriende en Vyande
- Wat is my Vriende en Vyande-lyste?
- Jy kan hierdie lyste gebruik om ander lede van die bord te organiseer. Lede wat by jou vriendelys gevoeg is, word in jou Gebruikersbeheerpaneel vir vinnige verwysing gelys om hulle aanlynstatus te sien en privaatboodskappe aan hulle te stuur. Bydraes van hierdie gebruikers kan beklemtoon word behoudens templaatondersteuning. As jy gebruikers by jou vyandelys voeg, word enige bydraes deur hulle by verstek versteek.
- Bo
- Hoe kan ek gebruikers tot my Vriende en Vyande-lys byvoeg of daarvan verwyder?
- Jy kan lede op twee manier by jou lys voeg. Binne elke gebruiker se profiel is daar 'n skakel om hulle of by jou Vriende- of Vyandelys te voeg. Andersins kan jy dit deur jou Gebruikersbeheerpaneel doen, jy kan gebruikers direk byvoeg deur hulle lidname in te sleutel. Jy kan ook gebruikers van jou lys afhaal deur dieselfde bladsy te gebruik.
- Bo
Soektog in Forums
- Hoe kan ek in 'n forum of forums soek?
- Tik 'n soekterm in die soekboksie op die indeks-, forum- of onderwerpbladsye in. Gevorderde soektogte word gevind deur die “Gevorderde Soektog”-skakel wat op alle bladsye op die forum beskikbaar is, te klik. Hoe om toegang tot die soektogte te verkry hang af van die styl wat gebruik word.
- Bo
- Hoekom lewer my soektog geen resultate op nie?
- Jou soektog was dalk te vaag en het te veel alledaagse terme ingesluit wat nie deur phpBB3 geïndekseer is nie. Wees meer spesifiek en gebruik die opsies wat in die Gevorderde Soektog beskikbaar is.
- Bo
- Waarom kry ek met my soektog slegs 'n leë bladsy!?
- Jou soektog het te veel resultate opgelewer as wat die webbediener kan hanteer. Gebruik “Gevorderde Soektog” en wees meer spesifiek met die terme wat gebruik word en die forums waarin gesoek moet word.
- Bo
- Hoe soek ek vir lede?
- Besoek die “Lede” blad en klik die “Soek 'n lid”-skakel.
- Bo
- Hoe kan ek my eie bydraes en onderwerpe opspoor?
- Jy kan jou eie bydraes opspoor deur of die “Soek gebruikers se bydraes” binne die Gebruikersbeheerpaneel te klik of via jou eie profielbladsy. Om vir jou onderwerpe te soek, gebruik die Gevorderde Soektog-bladsy en voltooi die toepaslike verskeie opsies.
- Bo
Onderwerpsubskripsies en Boekmerke
- Wat is die verskil tussen boekmerke en subskripsies?
- Om in phpBB3 te boekmerk is baie dieselfde as om in jou webblaaier te boekmerk. Jy word nie gewaarsku wanneer daar 'n bywerking is nie, maar jy kan later na die onderwerp terugkom. Wanneer jy inteken word jy egter gewaarsku wanneer daar 'n bywerking van 'n onderwerp of 'n forum op die bord is via jou verkose metode of metodes.
- Bo
- Hoe kan ek by spesifieke forums of onderwerpe inteken?
- Om by 'n sekere forum in te teken, klik die “Tek in op forum”-skakel wanner jy by die forum ingaan. Om by 'n onderwerp in te teken, antwoord op die onderwerp deur die Teken in-boksie te kies of klik op die “Teken in op onderwerp”-skakel binne die onderwerp self.
- Bo
- Hoe kan ek my subskripsies verwyder?
- Om jou subskripsies te verwyder, gaan na jou Gebruikersbeheerpaneel en volg die skakels tot by jou subskripsies.
- Bo
Aanhegsels
- Watter aanhegsels word op hierdie bord toegelaat?
- Elke bordadministrator kan sekere aanhegseltipes toelaat of nie toelaat nie. As jy nie seker is wat toegelaat word om opgelaai te word nie, tree met die bordadministrator in verbinding vir hulp.
- Bo
- Hoe kan ek al my aanhegsels opspoor?
- Om jou lys van aanhegsels wat jy opgelaai het, op te spoor, gaan na jou Gebruikersbeheerpaneel en volg die skakels na jou aanhegselafdeling.
- Bo
phpBB 3-kwessies
- Wie het hierdie bulletinbord geskryf?
- Hierdie sagteware (in sy ongewysigde vorm) is vervaardig, uitgegee en is die kopiereg van phpBB Group. Dit word onder die GNU General Public License beskikbaar gestel en mag vrylik uitgegee word. Sien die skakel vir verdere besonderhede.
- Bo
- Waarom is die X funksie nie beskikbaar nie?
- Hierdie sagteware is deur die phpBB-Groep geskryf en gelisensieer. As jy glo dat 'n funksie bygevoeg moet word, besoek asseblief die phpbb.com webtuiste en kyk wat die phpBB-Groep te sê het. Moet asseblief nie funksieversoeke vir die bord op phpbb.com plaas nie, die groep gebruik SourceForge om nuwe funksies te behartig. Lees asseblief deur die forums en kyk wat, indien enige, ons posisie reeds vir so 'n funksie is en volg dan die prosedure wat daar aangedui word.
- Bo
- Met wie moet ek oor beledigende en/of wetlike kwessies met betrekking tot hierdie bord in verbinding tree?
- Enige van die administrators wat op die “Die span”-bladsy gelys is, kan mee oor jou klagtes in verbinding getree word. As jy steeds geen antwoord kry nie kan jy met die eienaar van die domein (doen 'n whois lookup) of, as hierdie op 'n gratis diens loop (bv. Yahoo!, free.fr, f2s.com, etc.), met die bestuur of misbruikafdeling van daardie diens in verbinding tree. Let assblief daarop dat die phpBB-Groep absoluut geen regspraak het nie en op geen manier aanspreeklik gehou kan word oor hoe, waar of deur wie hierdie bord gebruik word nie. Moenie met die phpBB-Groep in verbinding tree rakende enige wetlike (staking, laster, lasterlike aanmerkings, ens.) kwessie wat nie direk verband hou met die phpBB.com webtuiste of die sagteware van phpBB nie. As jy wel 'n e-pos aan die phpBB-Groep stuur oor enige derdeparty gebruik van hierdie sagteware kan jy 'n bondige antwoord of geen antwoord daarop verwag nie.
- Bo